SABSF Remembrance

Fred HattinghMet liefdevolle herinnering aan Fred Hattingh…

Op 21 Junie 1953 is die lewensboek van Fred geopen daar in sy lief en leed opgeteken op 20 Maart 2016 is die laaste hoofstuk voltooi.
Fred het heengegaan na die plek wat Jesus vir hom voorberei het.
Hy het die stryd gestry en hy het die oorwinnaars kroon behaal.
Hy het nou ‘n nuwe lewe by sy Hemelse Vader.
‘n Hart van goud en ‘n oop hand om te gee. Een wat min geneem het.

Ons troos is in Jesus Christus wat hom styf vashou tot ons hom weer ontmoet.